top of page

Thu, Jul 21

|

Zoom

Manne met Waagmoed

Soms raak dit net te veel. Werk. Verhoudings. Kinders. Die eise om suksesvolle man te wees! Ons het daarom almal stories om te vertel. Ons manne by Integer Netwerk verstaan. Ons wil daarom graag ook vir jou ‘n ruimte bied waar jy jou storie kan vertel.

Registration is closed
See other events
Manne met Waagmoed
Manne met Waagmoed

Time & Location

Jul 21, 2022, 8:00 PM – 9:30 PM

Zoom

Guests

About the event

Soms raak dit net te veel.

Werk.

Verhoudings.

Kinders.

Die eise om suksesvolle man te wees!

Ons het daarom almal stories om te vertel.

Ja, daar is wonderlike mooi stories van ‘n suksevolle jag, die dag toe die grote gebyt, die keer toe ons span in die doodsnikke gewen het.  Stories wat moet vertel word.  Stories wat moet gehoor word!

Maar daar is ook ander stories.

Stories van die kere wat dinge toe nie uitgewerk het nie.

Stories van mislukking.

Van nie goed genoeg wees nie.

Van die kere wat jy toe nie paal gehaal het nie…

En dikwels is dit die stories wat ons van binne opvreet.

Daarom werk ek harder…

Ek oefen al hoe harder…

EK skink ek nog ‘n drankie…

EK kliek op nog ‘n website wat onvlugting bied.

Ek verloor my humeur

Ek onttek in my grot…

Net om die pyn te ontvlug.

Ons manne by Integer Netwerk verstaan.

Dit het ons ook baie lank gevat om ‘n ruimte te vind en vaardighede te kry om ons eie storie in die oë te kyk… the good, the bad and the ugly…

Ons wil daarom graag ook vir jou ‘n ruimte bied waar jy jou storie kan vertel.   En ons wil met jou vaardighede deel wat jou sal help om met nuwe oë na jou eie storie te kyk… en daarom ook na jouself.

Is jy in?

Al wat ons vra is 2 * 90 minute sessies.  Elk op ‘n Donderdagaand.

Donderdag 21 Julie 20h00-21h30 en Donderdag 28 Julie 20h00 tot 21h00

Share this event

bottom of page